Ons het ‘n rustige Sondag tuis. Buite reën dit vir die eerste keer in maande (so voel dit in elk geval). Ek het gou die tyd gebruik om webwerwe op te dateer. Onthou gerus om te gaan kuier by http://www.oumabarbara.blogspot.com .
En so van Ouma Barbara gepraat – hier is ‘n foto wat ek gister geneem het – in haar gunstelingposisie!
Nou ja, volgende naweek het ons die fotosafari, more moet ek twee kursusse ontwerp. Die een oor Kreatiewe Praktykbou en die ander oor die bestuur van, asook die eienskappe van die nuwe generasie – die sogenaamde millenials!



