Hierdie was weer twee dae in Johannesburg. Dinsdag het ek lank met Jay gesels oor my rol in die Leierspan by Liberty. Vir eers sal ek nou verantwoordelik wees vir die ontwikkeling van die mense in Learning sowel as die senior bestuurders. Dinsdagaand het ons gaan afskeid neem van Pierre Jordaan. Na omtrent 12 jaar gaan Pierre nou na SBFC as bestuurder. Woensdag het ek die Update to the Industry Centra sessie van Johannesburg af gedoen. En daarna weer die salige pad huis-toe aangedurf. Ek moet darem sê ek het die voorreg gehad dat die hotelkamer opgradeer is na ‘n Executive suite omdat dit te vol was (lyk my daar was baie dubbel kamers geboek). Het net te laat in die aand ingekom om dit werklik te waardeer.


