Die naweek het rustig begin. Vrydagaand het ons by oom Willem gaan swem. Saterdagoggend moes ek die Fleischman gesin afneem. Ek is nogal heel gelukkig met die foto’s. Hulle versoek was foto’s wat energie en interaksie weergee…
Klik gerus om die groter weergawes te sien…
Hier is nog ene…
Die res van Saterdag was ons gou boeremarkie toe. Daarna huiswaarts. Laat Saterdagmiddag het Benno my gevra om saam met hom die “land before time” paadjie onder die huis te gaan stap. Net toe ons amper tuis is, het ‘n perdeby hom aangeval. Sy hart was seer. Hy het reeds vroeër die dag seergekry by die Fleischmans, en sy opinie was “hierdie is nie ‘n lekker dag nie”. Hy het hartseer voor die tv gesit en toe aan die slaap geraak. Sy gedane lyfie het plat op die bank gelê, en ek kon nie anders as om hom af te neem nie….
Hier is die foto…
En terwyl ek die foto van Benno byvoeg, het ek sommer ook weer vir Anienie afgeneem. Elke laatmiddag spandeer sy dansend en spelend in haar eie wêreld buite die huis…
Benno is ook besonder kreatief - hy het ‘n nuwe manier van skaakspeel uitgedink. Al die stukke word met sy speelgoed dinosourusse vervang, en Arnè moet lekker bontstaan om te onthou wat is wat, maar, getrou aan Benno se aard, bly T-rex die koning!





