Uit Bethlehem – Paasnaweek verby

March 26, 2008

Ek is terug in die tuig en moet hierdie week Johannesburg toe.  Arne en die kinders gaan by Lut-hulle op Bethlehem oorbly.  Dan sal ek hulle die naweek na die ADE opleiding oplaai – net om weer volgende week op te vlieg Johannesburg toe vir die Diversity opleiding.  Ek hoop om dit ‘n interessante ervaring te maak deur ‘n besoek aan die Apartheidsmuseum by te werk.

Verlede week (nog tydens my verlof) het ons die Agentskap-tak se prysuitdeling gehad.  Bertie en Jacques van Schalkwyk moes opera sing saam met die gaskunstenaar.  Hier is hulle besig!

 image_213.jpg

Donderdagaand het ek Arno en Anea op die bushalte gaan aflaai om Dalene in die Kaap te gaan besoek.  Het ook hierdie week se sandsteenpraatjie daaroor gedoen.  Hier pak die twee hulle goed in die motor.  Arno het die middag van Grey af tot by Oranje gedraf om by sy sussie te kuier.

image_215.jpg

 Oor die paasnaweek was Dawie-hulle saam met ons.  Dawie het baie avonture gehad.  Hy het onder meer vir Jupie gerol (gallop en toe gegly).  Dis behalwe die ander avonture soos om vir nefie Ha-Toehie te tekkel.  Anienie het vir Marie en Petoors ‘n romantiese ete op Lut-hulle se stoep voorberei!

 image_218.jpg

O ja, intussen het Benno valstande gekry.  So hy loop met ‘n netjiese gebit!  Arne het maar gestoei om hom te oortuig om dit te dra.  Hier probeer Anienie om hom te oortuig om dit te vertoon. 

image_214.jpg 

Nou ja, dis dan die nuus vir eers.  Ouma Barbara kuier by Ouma Louisa en die twee het ook hulle avonture wat wynkoop, boeke-koop ens insluit!  Vir nou groet ek eers !


15 Maart – Saterdagaand

March 15, 2008

Ek dink ek is gelukkig om omtrent 3 lewens in een te hê!  Die eerste week van my verlof is verby, en ek het die interessantste wedervaringe gehad!  Na die aanbieding op Vosburg Woensdagaand het een van die plaaslike boere, Leon, aangebied om my Donderdagoggend vroeg te kom oplaai sodat ek die sonsopkoms oor die dorp kan gaan kyk.  Daarna het ek by hom en sy vrou Petro gaan ontbyt eet.  Varsgebakte brood met turksvystroop.  Hier is ‘n foto van hulle 2.

petroenman.jpg

Na die lekker ontbyt het Leon my na die panne geneem waar hy geglo het wonderlike fotogeleenthede was.  Deurlopend was ek verras deur sy lekker taalgebruik.  Soos toe ek aan hom noem dat ek onlangs weer van die Anglo-Boere Oorlog geleer het, noem hy dat ek seker weer “varskwaad” is.  Die dam het ook nie so baie water nie, Leon sê toe dat die dam net “pieringwater” inhet.

By die panne het ek die geleenheid gehad om Leon ook af te neem. Ek het die foto swart en wit gemaak vir so bietjie meer impak.

karootrip.jpg

So 10:00 is ek uit Vosburg, heelwat rustiger as wat ek daar aangekom het.  Daar was ongelooflike mooi wolke in die lug, en ek het op die terugpad gereeld gestop om foto’s te neem! Hier is een van die windpompe op die pad, as ek reg onthou was hierdie een naby De Aar.

20080313_karootrip_0446.jpg

Ek was Donderdagaand lekker gedaan, maar ook verkwik op ‘n manier deur die gasvryheid van die Karoo.  Ek moet darem een van die Vosburg se locals wat lekker poseer het vir ‘n foto ook hier plaas.

vosburger.jpg

Vrydagoggend was die Ouma en Oupadag by Benno se skool.  Ek en Ouma Barbara is saam met Benno daarheen.  Ek het ook gaan foto’s neem by die skool.  Hier is ‘n foto van Benno en Ouma.

20080314_kleinskooloumaoupa_0729.jpg

Van die foto’s  het ek ge-edit en sepia gemaak om bietjie ouer te lyk.  Hier is Benno se juffrou, Amelia, en haar kinders in sepia.

juf.jpg

Benno is baie lief vir juffrou Amelia en hy geniet sy skooljaar regtig baie.  Sover as wat hy skool kan geniet bygesê.  Na die Ouma en Oupa dag het ek klas aangebied vir die vierdejaars by die UV, (13:15 – 17:00 – nogal ‘n stywe skof).Vrydagaand was ons toe rustig tuis.  Vanoggend was Arne na ‘n kursus van Melodie de Jager, ek en die kinders is gou na Karla se partytjie toe.  Ek het ook daar lekker foto’s geneem van alles en nog wat, onder andere ook vir Riaan en Karla.  Omdat hy altyd foto’s neem is hy nie altyd op die foto’s nie.  Hier is die pa en dogter.

20080315_karlabirthday_1620.jpg

Vanmiddag was my groot werk om al die Ouma en Oupa dag foto’s te edit sodat dit geprint kan word.  Vanmiddag het die kinders buite gespeel met die skilpaaie en vanaand het Arne ons gestick om by Toledo’s te gaan eet.  Ja, as ek so terugkyk oor die dag is ek dankbaar ek het nie moeite gemaak om na die Cheetahs se rugby te kyk nie, dit klink my maar dit het rampspoedig verloop!

Nou  ja, van die Karoo tot by ‘n laat koel winderige aand in Bloemfontein.  Ek is volgende week nog op verlof en bied Photoshop aan, merendeels om my voor te berei vir my ACE opknappingseksamen.  Nou ja, dis dan al weer herfs!  Seker my gunsteling tyd van die jaar vir foto’s, en as ek na hierdie week kyk het ek regtig nie slap gelê daarmee nie!  Ons gesels weer.


Uit die Coffeeshop op Vosburg

March 12, 2008

Ek bied vanaand aan.  Het goed gery vanoggend.  Dit het net so oor die 5 ure geneem.  Dus lang tyd gehad om te dink, cd’s te luister, radio te luister en weer te dink…

Die modderpad ingesluit.  Dit was lekker om weer n regte Karoo donkiekar langs die pad te sien en ek het dit sommer gou afgeneem. 

vosburg_1.jpg

Daar was ook mooi wolke en ek het sommer ‘n windpomp met die wolke as agtergrond ook afgeneem. (Ek wou graag die foto’s plaas maar die stadige internetkonneksie bom nou elke keer uit).  Genoeg om maar te se die Karoo het goeie reen gehad en dis eintlik ‘n voorreg om dit te kan sien (asook dringend te moet karwas toe gaan sodra ek terug is in Bloem)…

Die Vosburg gemeenskap is baie vriendelik.  Ek het vanmiddag gou foto’s geneem.  Gaan nou voorberei vir die aand se aanbieding.  Die internetkonneksie is op die oomblik baie stadig.  Sal maar later kyk of ek meer foto’s kan oplaai.  Ek hoop Arne hulle is OK vanaand.  Ouma Violet hulle is oppad na Petrus se suster se begrafnis toe.  Dus is hulle maar half alleen.  Ek dink ek moet soos Julio begin om Atlas te hou van al die plekke waar ek al heen was, vandag was dit Koffiefontein, Luckhoff, Petrusburg, Petrusville, Phillipstown, De Aar, Britstown en Vosburg.  Op Luckhoff het ek ingedraai en net deur die dorpie gery.  Wil nog graag ‘n Sandsteen daaroor doen.  Maar nou ja, moet begin beweeg!  Hoop alles loop goed af vanaand!


Dinsdagaand – blog uit die bed

March 11, 2008

Ek blog sommer vanaand uit die bed uit.  Die naweek was heerlik.  Na klas Vrydagaand waar ek ’n lekker groep gehad het, was ons Saterdagoggend na Janko se partytjie. 

 Janko se partytjie

Daarna het ons vinnig gaan kyk na Haas Das by die boekwinkel, maar Anienie was nie ingenome met die feit dat hy gese het sy moet ‘n Haas Das boek koop nie.  Sy het summier haar sakgeld gebruik om twee Magic Kitten boeke te koop.  Benno het twee dinosaur boeke gekoop.  Hier is hulle by Haas Das:

 image_209.jpg

Daarna het ons gepak vir die Zoo Snooze en die nagtoer deur die dieretuin.  Ons het Nico se tent geleen en lekker in die dieretuin geslaap.  Die motors het net vreeslik lawaai.

Sondag was ons weer rustig tuis.  Het so bietjie verlore slaap ingehaal en die kinders het lekker gespeel.   Marnus hulle was hier vir gesinsfoto’s net na kerk.  Sal later van die foto’s hier laai.

 Ek is vir twee weke op verlof en het gisteroggend (Maandag) met die verwerking en sortering van my foto’s begin.  Moes vandag gou by Arne se skool gaan foto’s neem vir ‘n persent vir Helen.  More oggend vroeg ry ek Vosburg toe.  Het vanaand saam met die kinders en Arne na die sonsondergang gekyk en net rustig gewees.  O ja, ons lees ‘n barshou aan Anienie se Magic Kitten boeke!


Al weer Woensdag!

March 5, 2008

Jinne maar die tyd vlieg.  Laas Vrydag het Arnè verjaar.  Die oggend was Skrikkelontbyt waarna ek gou ten spyte van die verlof vir Hennie Botha gaan help het met ‘n aanbieding.  Daarna terug na die Universiteit waar ek vanaf 13:00 tot 17:00 leierskap vir die 4e jaars aangebied het.  Het nogal interessante gesprekke gevoer na aanleiding van die “walgvideo” wat almal meer op hol het as enige moord in die land!

Daarna het ek Arnè laat weet ons gaan fliek, maar eintlik reeds met die van Leeuwens gereel dat hulle die kinders kom haal en toe het ons in die hotel gaan slaap.  Skrikkeljaar kom net een keer in vier jaar dan nie!

Dokter Peet het Saterdagoggend uitstekend aangebied oor hoe ouers en kinders wiskunde in die grondslagfase moet benader.  Daar is twee probleme en twee oplossings.  Albei is ouers en kinders!

Saterdagmiddag was die rugby waar die Blues die Cheetahs opgedreun het!

Maandag was vinnige voorbereiding en Dinsdag het ek en Pierre die nuwe verkoopskursus aangebied.  Dinsdagaand teruggevlieg en gou by die kameraklub ingehop!

En nou is dit Woensdag.  Het gou vandag ‘n Centra-sessie oor “Update to the Industry” gehad, daarna vir Duncan en Angela van APPLE ontmoet en vanmiddag weer ‘n meeting op Centra gehad!

Met die gesin gaan dit goed.  Anienie het vanaand probeer om haar beenhare te skeer!! Die gewone gevolge van enige negejarige… bloedkolbene en ‘n boetie met kommer!  Eintlik was dit groot pret want ek het haar vertel dat ek onthou dat tannie Lut dit ook op haar tyd gedoen het!  Mariet het foto’s van Charl hulle gestuur, wil dit graag more hier opsit!

Maar nou eers tyd om rustig te raak!