Vinnige opdatering van die see af…

June 23, 2008

Nou ja, Maandag by die see.  Ma is vandag saam met Johan hulle oppad Groblershoop toe.  Ons ontspan nog by die see.  Ek stoei bietjie om  te herstel van griep, maar voel darem beter as die vorige twee dae.  Ons kamp by die ATKV terrein aangesien die CSV terrein verspoel het.

Christo Spies en Francois Tolme bied die sesssies aan, en dit is nogal baie lekker.  Benno geniet die see, Anienie die skulpe optel en almal geniet die feit dat Marie ook kon saamkom.  Ek blog nou gou terwyl Arne en Elmari saam met Marie gaan shop het.  Ek en Richard babysit.  Of laat ek eerder se die Zoo Tycoon babysit vir Benno en Cartoon network vir Anienie.

Nou ja, die weer is heerlik, die son skyn.  Die kinders wil gaan swem, so ons wag net dar Erich wakker word, dan sal ons maar gou na die swembad toe gaan. 


Vinnige deel van foto’s

June 19, 2008

Nou ja, na nog ‘n paar avonture, lyk Benno darem beter. Ek het ook my webwerf by http://photographerslife.blogspot.com bietjie reggemaak. En net om te toets of dit werk laai ek gou hier ‘n paar van die foto’s van Picasa af in.

O ja, die gesinskamp blyk ‘n dilemma te wees weens verspoelings in Natal – sal maar sien wat gebeur!


Maandag na die langnaweek…

June 17, 2008

Die gesin Van Niekerk beleef vreugdevolle drama na drama. Nie so vreugdevol altyd nie, maar nou ja.  Vanoggend was ons 2 uur reeds by die Ongevalle Saal.  Benno se verstopping duur voort.  Dit nadat hy gisteroggend by die dokter was met ‘n vreemde bytplek op ‘n vreemde plek… Saam met dit het hy lugweginfeksie… Dit sluit uit Lovey se bosluiskoors verlede week en ma wat nog maar hinke pinke loop!

Die neukery met Benno se situasie is dat ons niks in sy maag kry nie.  Die derm is waarskynlik te vol.  Hy weier ook medisynes want dit maak hom naar, nou kry hy ook niks in teen die moontlike insekbyt nie…

Nou ja, dit klink soos ‘n relaas van klagtes, maar ek skryf dit maar neer.  Benno, as jy eendag hier lees, weet dat jou ouers vreeslik lief is ten spyte van al die dreigemente en trane in die hospitaal.

My foto aanbieding is na die langnaweek ook nou geblog by http://photographerslife.blogspot.com. Loer gerus daar in en maak aanbevelings of opmerkings waar ek kan verbeter en verander…

Nou ja, hier sit ons salig voor die kaggel en kyk Austin Powers… Aand van intellektuele stimulasie…:-)

 


Bloedklont en honger kinders!

June 9, 2008

Ma is toe vandag weer ge-opereer, Arne het pas gehoor dat sy (ma) ‘n bloedklont in die been gehad het. Sy het nog baie pyn in die been, ons hoop dat dit darem vinnig sal opklaar. Tydens hospitaalbesoek vanaand het Benno gekla dat hy “hongerder as honger” is, en ons het hulle Toledo’s toe gevat vir aandete.

Intussen het Nico my na ‘n oulike webwerf verwys. By http://www.archive.org kan mens gratis boeke ens aflaai, dit is tekste, radio-uitsendings ens waarvan die kopiereg verval het of wat opensource is. Nogal interressant, het ook oor middagete met Charles Cock gesels oor die rigting waarin opleiding gaan, as mens sien hoeveel inligting/kennis/data deesdae gratis beskikbaar is. Die lang stert is regtig besig om geleidelik maar dalk ook vinnig die wereld van opleiding radikaal te verander.

Het ook vandag die softskills kursus se inligting begin deurgee – hoop dit kan nog ‘n heel lekker kursus word!

Nou ja, vir eers het ek ander dinge om te doen!


Hondepoef ontbyt, poppetee en diarree

June 8, 2008

Sondag.

Gisteroggend het Anienie ‘n poppetee by Oranje meisieskool gehad.  Arno het Vrydagaand hier geslaap.  Hy, ek en Benno het toe maar besluit om ‘n hondepoefontbyt te hou op die grasperk tussen Lovey se … raai maar self…  Benno het die tafel drapeer met die springbokkombers en toe aangesit…  Hier is hy en Arno met komplimente van my selfoon…

 

Intussen is ma steeds in die hospitaal en het gisteraand diaree begin ontwikkel.  Die dokter gaan skynbaar more weer opereer.  Ma lyk darem vandag ‘n bietjie beter. (Weer eens ‘n vinnige selfoonfoto)

 

 

 

 

 

 

 

Hier is ook ‘n foto van ma wat ek gister geneem het…

En terwyl ek op die foto’s is vandag, … Hier is een van Amore wat ek by Gold Reef City geneem het…met so lekker junior stukkie spookasem…

En van Gold Reef City gepraat, kom ek deel nog so paar van die foto’s van daardie naweek!  Die magician roep toe vir Anienie op die verhoog…

Benno en Erich in Erich se voertuig…

 

Die riller begin vir Benno… Sal nie gou weer dat hy in die rondte draai nie…Kort na hierdie trip het hy besluit om die girls te join – en toe was die naweek vir hom ‘n riller verder… dalk het dit ook iets te doen gehad met sy gebrek aan belangstelling in skool die afgelope twee weke!

Nou ja, Arne slaap, die kinders speel Zoo Tycoon, en ek gaan ook nou ‘n wyle rus!

 


Hoofstuk 3 van Ouma in die hospitaal…

June 6, 2008

Vrydagaand.

Ma het soveel pyn gehad sedert sy uit die hospitaal gekom het dat ek haar vanoggend weer dokter toe moes neem.  Nou ja, vanaand is sy weer in die hospitaal – dus vir die derde keer.  Die eerste keer kon hulle nie opereer nie, toe, die tweede keer opereer hulle, en nou, nou wou hulle opereer, maar kon skynbaar nie vanoggend nie.  Lyk darem of die knieg dreineer het en sy beter voel.

Benno se skooldrama blyk vir ‘n tydjie iets van die verlede te wees!  Dankie tog!!  Vanaand kuier Arno hier en more speel die Springbokke teen Wallis.  Arne het ook die griep-pes onder lede.  So die Van Niekerk huis is maar bedroe.  O ja, intussen kos twee tenks petrol nou R1000-00 en die rentekoerse wag soos ‘n gespanne veer om op te gaan.  Ouch. 

Laas week (Saterdag) se fotonemery in Bethlehem het goed afgeloop.  Ek deel sommer gou een of twee van my gunstelinge…