Maandag na die langnaweek…

Die gesin Van Niekerk beleef vreugdevolle drama na drama. Nie so vreugdevol altyd nie, maar nou ja.  Vanoggend was ons 2 uur reeds by die Ongevalle Saal.  Benno se verstopping duur voort.  Dit nadat hy gisteroggend by die dokter was met ‘n vreemde bytplek op ‘n vreemde plek… Saam met dit het hy lugweginfeksie… Dit sluit uit Lovey se bosluiskoors verlede week en ma wat nog maar hinke pinke loop!

Die neukery met Benno se situasie is dat ons niks in sy maag kry nie.  Die derm is waarskynlik te vol.  Hy weier ook medisynes want dit maak hom naar, nou kry hy ook niks in teen die moontlike insekbyt nie…

Nou ja, dit klink soos ‘n relaas van klagtes, maar ek skryf dit maar neer.  Benno, as jy eendag hier lees, weet dat jou ouers vreeslik lief is ten spyte van al die dreigemente en trane in die hospitaal.

My foto aanbieding is na die langnaweek ook nou geblog by http://photographerslife.blogspot.com. Loer gerus daar in en maak aanbevelings of opmerkings waar ek kan verbeter en verander…

Nou ja, hier sit ons salig voor die kaggel en kyk Austin Powers… Aand van intellektuele stimulasie…:-)

 

Leave a Reply