Dis seker beter om te se dat Julie begin het, as om te erken dat Junie verby is. Arne is hard besig om voor te berei vir Anienie se partytjie Saterdag. Ek is terug in die tuig. En ja, die jaar is verby die halfpadmerk. Ek het vinnig al my blogs opdateer. Dis nou http://www.pixelpostcards.com, asook ’n nuwe ene, postcards to leaders. Dan is ek ook besig met presentation en selling skills blogs vir die kursus wat ek by die werk moet aanbied.
Benno is beter maar baie emosioneel. Hy is die vrolikste kind, met die lekkerste sin vir humor, maar soms is hy olik met ‘n lekker humeur!
O ja, het Sondagaand weer vir Anea op die bus gaan laai en more kom Petoors. Vandag het Inge en Henru Barnes by die kinders gespeel – so daar is darem redelik sosiale aktiwiteite ook! Nou ja, vir nou gaan ek eers bietjie rus!


