Nou ja, dit lyk nie of ons tot stilstand kom nie. Saterdag was Anienie se partytjie, en vandag is ons by Gold Reef City. Ek moet kom aanbied, en betaal sommer die verskil in by die hotel, dan kan die hele gesin hier bly…Arne het die kinders afgeneem toe ons hier aankom. Hulle kon nie wag vir die “funky” karretjie nie!
Wel, more bied ek vir die eerste keer die Negotiations skills kursus aan. Ek hoop maar dit sal goed gaan. Die trip hierheen het goed verloop, met Anienie wat al meer vasberade raak om diere wat uitsterf te red! Juis daarom kan sy ook nie wag om more die 4D fliek oor Pandavision weer te sien nie!!
En ja, Benno was lekker ongeduldig om die hele Gold Reef City weer te sien. Min tyd vir pappa en sy kamera:
Wel, nou gou bietjie voorberei!



Posted by Pixelstories 

