Maandag na die langnaweek…

June 17, 2008

Die gesin Van Niekerk beleef vreugdevolle drama na drama. Nie so vreugdevol altyd nie, maar nou ja.  Vanoggend was ons 2 uur reeds by die Ongevalle Saal.  Benno se verstopping duur voort.  Dit nadat hy gisteroggend by die dokter was met ‘n vreemde bytplek op ‘n vreemde plek… Saam met dit het hy lugweginfeksie… Dit sluit uit Lovey se bosluiskoors verlede week en ma wat nog maar hinke pinke loop!

Die neukery met Benno se situasie is dat ons niks in sy maag kry nie.  Die derm is waarskynlik te vol.  Hy weier ook medisynes want dit maak hom naar, nou kry hy ook niks in teen die moontlike insekbyt nie…

Nou ja, dit klink soos ‘n relaas van klagtes, maar ek skryf dit maar neer.  Benno, as jy eendag hier lees, weet dat jou ouers vreeslik lief is ten spyte van al die dreigemente en trane in die hospitaal.

My foto aanbieding is na die langnaweek ook nou geblog by http://photographerslife.blogspot.com. Loer gerus daar in en maak aanbevelings of opmerkings waar ek kan verbeter en verander…

Nou ja, hier sit ons salig voor die kaggel en kyk Austin Powers… Aand van intellektuele stimulasie…:-)

 


Bloedklont en honger kinders!

June 9, 2008

Ma is toe vandag weer ge-opereer, Arne het pas gehoor dat sy (ma) ‘n bloedklont in die been gehad het. Sy het nog baie pyn in die been, ons hoop dat dit darem vinnig sal opklaar. Tydens hospitaalbesoek vanaand het Benno gekla dat hy “hongerder as honger” is, en ons het hulle Toledo’s toe gevat vir aandete.

Intussen het Nico my na ‘n oulike webwerf verwys. By http://www.archive.org kan mens gratis boeke ens aflaai, dit is tekste, radio-uitsendings ens waarvan die kopiereg verval het of wat opensource is. Nogal interressant, het ook oor middagete met Charles Cock gesels oor die rigting waarin opleiding gaan, as mens sien hoeveel inligting/kennis/data deesdae gratis beskikbaar is. Die lang stert is regtig besig om geleidelik maar dalk ook vinnig die wereld van opleiding radikaal te verander.

Het ook vandag die softskills kursus se inligting begin deurgee – hoop dit kan nog ‘n heel lekker kursus word!

Nou ja, vir eers het ek ander dinge om te doen!


Hondepoef ontbyt, poppetee en diarree

June 8, 2008

Sondag.

Gisteroggend het Anienie ‘n poppetee by Oranje meisieskool gehad.  Arno het Vrydagaand hier geslaap.  Hy, ek en Benno het toe maar besluit om ‘n hondepoefontbyt te hou op die grasperk tussen Lovey se … raai maar self…  Benno het die tafel drapeer met die springbokkombers en toe aangesit…  Hier is hy en Arno met komplimente van my selfoon…

 

Intussen is ma steeds in die hospitaal en het gisteraand diaree begin ontwikkel.  Die dokter gaan skynbaar more weer opereer.  Ma lyk darem vandag ‘n bietjie beter. (Weer eens ‘n vinnige selfoonfoto)

 

 

 

 

 

 

 

Hier is ook ‘n foto van ma wat ek gister geneem het…

En terwyl ek op die foto’s is vandag, … Hier is een van Amore wat ek by Gold Reef City geneem het…met so lekker junior stukkie spookasem…

En van Gold Reef City gepraat, kom ek deel nog so paar van die foto’s van daardie naweek!  Die magician roep toe vir Anienie op die verhoog…

Benno en Erich in Erich se voertuig…

 

Die riller begin vir Benno… Sal nie gou weer dat hy in die rondte draai nie…Kort na hierdie trip het hy besluit om die girls te join – en toe was die naweek vir hom ‘n riller verder… dalk het dit ook iets te doen gehad met sy gebrek aan belangstelling in skool die afgelope twee weke!

Nou ja, Arne slaap, die kinders speel Zoo Tycoon, en ek gaan ook nou ‘n wyle rus!

 


Hoofstuk 3 van Ouma in die hospitaal…

June 6, 2008

Vrydagaand.

Ma het soveel pyn gehad sedert sy uit die hospitaal gekom het dat ek haar vanoggend weer dokter toe moes neem.  Nou ja, vanaand is sy weer in die hospitaal – dus vir die derde keer.  Die eerste keer kon hulle nie opereer nie, toe, die tweede keer opereer hulle, en nou, nou wou hulle opereer, maar kon skynbaar nie vanoggend nie.  Lyk darem of die knieg dreineer het en sy beter voel.

Benno se skooldrama blyk vir ‘n tydjie iets van die verlede te wees!  Dankie tog!!  Vanaand kuier Arno hier en more speel die Springbokke teen Wallis.  Arne het ook die griep-pes onder lede.  So die Van Niekerk huis is maar bedroe.  O ja, intussen kos twee tenks petrol nou R1000-00 en die rentekoerse wag soos ‘n gespanne veer om op te gaan.  Ouch. 

Laas week (Saterdag) se fotonemery in Bethlehem het goed afgeloop.  Ek deel sommer gou een of twee van my gunstelinge…

 

 


Benno se beddag, ma se bloedoortapping en ander avonture

May 29, 2008

Goeiste.

Die ding met Benno kom nie tot ‘n punt nie…Vanoggend weier hy toe weer om skool toe te gaan – dit na gister se X-strale ens ens.  Nou ja, om uit te vind wat regtig aangaan lk onmoontlik.  Hy moes toe maar vir die dag in die bed bly – geen rekenaarspeletjies of tv.  Hopelik sal die verveling hom vang…  Dis as daar nie iets anders is nie.

Ma het vandag ‘n bloedoortapping gehad en sy het nog baie pyn met die aanpassing van die vervangde knie.  Ons is ook nog onseker wat om die naweek te doen, want sy gaan eersdaags ontslaan word, en ek moet Saterdag ‘n aanbieding op Bethlehem doen vir die Eden-weeshuis.  Sal more in die pad moet val, maar ons bly bekommerd oor ma.

Ek sien die tyd stap al weer flink aan vir bed-toe gaan tyd.  Ek hoop eerlik Benno is more reg vir skool – sy krisis is besig om die orde in die huis wild te versteur.  

Nou ja, gaan nou eers rus – het ook gou op http://www.huddlemind.net geblog…

Salige rus.


Dinsdagaand – Ouma Barbara in die hospitaal

May 27, 2008

Nou ja.  Hier is ons reeds op die laaste Dinsdagaand van Mei.  Ma is in die hospitaal en die knievervanginsoperasie is vandag gedoen.  Sy het nog baie pyn, en kla ook dat haar heuppottjie baie seer is.

Benno het vanoggend weer gehuil by die skool, en ons kan steeds nie uitvind wat sy skielike probleem is nie.  Juffrou Sonja het hom vandag gaan haal, maar kon ook nie veel wyser word nie.

Ons het vanoggend verslaap.  Die huis het van rustige tuiste tot effektiewe krisisbestuur gegaan in enkele sekondes.  In pajamas moes ek vriendelike verbygangers groet terwyl ek vir Arne die hek gaan oopmaak het.  Hulle was nog meer vriendelik (goeie sin vir humor of vir die absurde) toe hulle die gestreepte pajamadonkie sien.

By die werk het ek, Louis en Riaan die eerste episode van eduspotlight geskiet.  Het ook die domeinnaam registreer, en sal sien in watter rigting dit ontvou.

Het ook gisteraand die GOOGLE storie verder gelees.  Wonderlik om te sien hoe Larry en Sergio aangehou het ten spyte van alle probleme – en dat hulle skoon voorblad sowel as die kleurvolle GOOGLE teks die toevallige resultaat was van hulle onvermoe om te design.  Laat mens dink ne.

Lees ook op die oomblik Garry Kasparov se boek oor How life imitates chess, ook nogal lekker geskryf moet ek se!  Nou ja, ek blog uit die bed uit.  Die kinders en Arne is amper aan die slaap. So, laat ek ook maar tot ruste kom.


Einde van Mei is in sig

May 25, 2008

Hierdie was nogal ‘n bedrywige tydjie vir die familie Van Niekerk.  Verlede week het ek die Diversiteitsbestuur kursus aangebied met die gewone besoek aan die Apartheidsmuseum.  Daarna het ek by Gold Reef City gebly vir Andre van der Linde se produksieklubfunksie.  Gelukkig kon ons vir Arne hulle ‘n geleentheid kry tot by Gold Reef saam met die van Leeuwens.

Woensdag het die herrie losgebars toe Benno van maagpyne begin kla by die skool. Ek moes hom gaan oplaai en huis toe neem.  (Dit nadat ek en Arne Dinsdagaand gou by Toastmasters na Paul Charles gaan luister het.  Paul het ‘n boek geskryf met die titel “The Wheelbarrow kid” – baie oulik).  Nou ja, Woensdagmiddag het Benno merkwaardig herstel en kon ek en Arne na die Universiteit se prysuitdeling gaan.  Donderdagoggend is die “Krampies” toe weer terug.  Ek neem Benno onder protes skool toe, maar kort daarna bel juffrou Amelia om te se ek moet hom kom haal.  Vrydag het hy darem uitgehou.

Vrydagaand is ons toe weer uit.  Hierdie keer danksy Bossie se ongelooflike kreatiwiteit.  As dankie vir die hulp met sy cd’s het hy vir ons ‘n verassing gereel.  Dit het behels dat hy ons in die kar laat klim het, en toe met gereelde sms’e begelei het tot by die Cranberry Lodge in Ladybrand.  Daar was die honeymoonsuite geboek, en kon ek en Arne rustig kuier en reflekteer, voordat ons Saterdagoggend teruggekeer het.  Die kinders en Ouma Barbara het by die Van Leeuwens gebly.  En Bossie het hulle Saterdag weer daar gaan oplaai.  Sy kostelike sms nadat hy hulle veilig tuis afgelaai het, het gelui dat “Skoonma by Parkweg polisiestasie opgelaai is nadat sy gisteraand by Mystic Boer gearresteer is – die kinders is vroegoggend in Rygerpark opgespoor.”  Tussen al die kreatiwiteit en ontspanning is ons toe na Stiaan se partytjie toe, waar Tinus ‘n paar toorkunsies gedoen het.  Net voor Euanne se partytjie die middag was dit toe eers weer Benno se maag, en hy en Arne het maar met Jan Tuisbly se karretjie gery.

Vanoggend was ek en Arne kerk toe, en daarna het die “Mystic Boer” gearresteerde ons gestick vir middagete by Toledo’s.  Net voor dit kon ons darem met Carel en Mariet hulle gesels op Skype.  Vanmiddag het Arne en die kinders “Snowbuddies” en “Enchanted” gekyk.  Nou is dit weer Zoo Tycoon terwyl ek voor die kaggel sit en blog.  Het ook sommer weer iets vir huddlemind ook geblog.  http://www.huddlemind.org

O ja, hier is ‘n paar foto’s van die vorige plaasnaweek saam met die Van Leeuwens:

Twee seuns op hek

Die twee outjies op die hek het ons afgeneem toe ons saam met Richard gaan soek het vir ‘n paar mooi herfsbome.  Dit was helaas te laat vir die herfsbome.

Ek en Richard het so bietjie met die beligting gespeel – hier is Anienie effe “deur die blare”.

Hierdie fotot het ek vir die Kontrei gestuur en verskeie navrae gekry – ek het dit onder andere vir ‘n skilder gegee wat belangstel om dit te skilder, iemand in Harrismith wat dit graag wil he, asook iemand by die Universiteit.

Nou ja, soveel dae, soveel dinge – vir nou is die week verby en die kole gloei al sagter in die kaggel!


Waar is April heen?

May 7, 2008

Toe ek weer kyk is dit Meimaand en April is skoonveld. Nou moet ek ook se die langnaweke het darem hulle deel gedoen om van April ontslae te raak. Van die hoogtepunte (Naweekgewys) van April was seker die kosmosfees waar ons gaan stoomtreine afneem het by Sandstone Estates naby Ficksburg. Die kinders het die ritte baie geniet. Ek sal paar foto’s opplak as ek weer kans kry.
By die werk moet ek vlge week weer Diversity Management gaan aanbied, en sal weer vlge week die Apartheidsmuseum-ding doen.
Daar was ook in April Podcamp in Bloemfonein. www.podcampsa.com Interessante ervaring, en ek sal die video wat ek daar geneem het ook opsit as ek weer by die multimedia rekenaar is.
Die afgelope langnaweek was ons saam met die Van Leeuwens plaas toe – ongelukkig te laat vir die herfsbome danksy ‘n koue winter-naweek vroeer.
O ja, en Billy en Isa het bietjie kom kuier – sal ook van daardie foto’s hier opsit – lyk my ek het ‘n besige tyd voor met die multimedia!
Vir nou groet ek eers –


Uit Bethlehem – Paasnaweek verby

March 26, 2008

Ek is terug in die tuig en moet hierdie week Johannesburg toe.  Arne en die kinders gaan by Lut-hulle op Bethlehem oorbly.  Dan sal ek hulle die naweek na die ADE opleiding oplaai – net om weer volgende week op te vlieg Johannesburg toe vir die Diversity opleiding.  Ek hoop om dit ‘n interessante ervaring te maak deur ‘n besoek aan die Apartheidsmuseum by te werk.

Verlede week (nog tydens my verlof) het ons die Agentskap-tak se prysuitdeling gehad.  Bertie en Jacques van Schalkwyk moes opera sing saam met die gaskunstenaar.  Hier is hulle besig!

 image_213.jpg

Donderdagaand het ek Arno en Anea op die bushalte gaan aflaai om Dalene in die Kaap te gaan besoek.  Het ook hierdie week se sandsteenpraatjie daaroor gedoen.  Hier pak die twee hulle goed in die motor.  Arno het die middag van Grey af tot by Oranje gedraf om by sy sussie te kuier.

image_215.jpg

 Oor die paasnaweek was Dawie-hulle saam met ons.  Dawie het baie avonture gehad.  Hy het onder meer vir Jupie gerol (gallop en toe gegly).  Dis behalwe die ander avonture soos om vir nefie Ha-Toehie te tekkel.  Anienie het vir Marie en Petoors ‘n romantiese ete op Lut-hulle se stoep voorberei!

 image_218.jpg

O ja, intussen het Benno valstande gekry.  So hy loop met ‘n netjiese gebit!  Arne het maar gestoei om hom te oortuig om dit te dra.  Hier probeer Anienie om hom te oortuig om dit te vertoon. 

image_214.jpg 

Nou ja, dis dan die nuus vir eers.  Ouma Barbara kuier by Ouma Louisa en die twee het ook hulle avonture wat wynkoop, boeke-koop ens insluit!  Vir nou groet ek eers !


15 Maart – Saterdagaand

March 15, 2008

Ek dink ek is gelukkig om omtrent 3 lewens in een te hê!  Die eerste week van my verlof is verby, en ek het die interessantste wedervaringe gehad!  Na die aanbieding op Vosburg Woensdagaand het een van die plaaslike boere, Leon, aangebied om my Donderdagoggend vroeg te kom oplaai sodat ek die sonsopkoms oor die dorp kan gaan kyk.  Daarna het ek by hom en sy vrou Petro gaan ontbyt eet.  Varsgebakte brood met turksvystroop.  Hier is ‘n foto van hulle 2.

petroenman.jpg

Na die lekker ontbyt het Leon my na die panne geneem waar hy geglo het wonderlike fotogeleenthede was.  Deurlopend was ek verras deur sy lekker taalgebruik.  Soos toe ek aan hom noem dat ek onlangs weer van die Anglo-Boere Oorlog geleer het, noem hy dat ek seker weer “varskwaad” is.  Die dam het ook nie so baie water nie, Leon sê toe dat die dam net “pieringwater” inhet.

By die panne het ek die geleenheid gehad om Leon ook af te neem. Ek het die foto swart en wit gemaak vir so bietjie meer impak.

karootrip.jpg

So 10:00 is ek uit Vosburg, heelwat rustiger as wat ek daar aangekom het.  Daar was ongelooflike mooi wolke in die lug, en ek het op die terugpad gereeld gestop om foto’s te neem! Hier is een van die windpompe op die pad, as ek reg onthou was hierdie een naby De Aar.

20080313_karootrip_0446.jpg

Ek was Donderdagaand lekker gedaan, maar ook verkwik op ‘n manier deur die gasvryheid van die Karoo.  Ek moet darem een van die Vosburg se locals wat lekker poseer het vir ‘n foto ook hier plaas.

vosburger.jpg

Vrydagoggend was die Ouma en Oupadag by Benno se skool.  Ek en Ouma Barbara is saam met Benno daarheen.  Ek het ook gaan foto’s neem by die skool.  Hier is ‘n foto van Benno en Ouma.

20080314_kleinskooloumaoupa_0729.jpg

Van die foto’s  het ek ge-edit en sepia gemaak om bietjie ouer te lyk.  Hier is Benno se juffrou, Amelia, en haar kinders in sepia.

juf.jpg

Benno is baie lief vir juffrou Amelia en hy geniet sy skooljaar regtig baie.  Sover as wat hy skool kan geniet bygesê.  Na die Ouma en Oupa dag het ek klas aangebied vir die vierdejaars by die UV, (13:15 – 17:00 – nogal ‘n stywe skof).Vrydagaand was ons toe rustig tuis.  Vanoggend was Arne na ‘n kursus van Melodie de Jager, ek en die kinders is gou na Karla se partytjie toe.  Ek het ook daar lekker foto’s geneem van alles en nog wat, onder andere ook vir Riaan en Karla.  Omdat hy altyd foto’s neem is hy nie altyd op die foto’s nie.  Hier is die pa en dogter.

20080315_karlabirthday_1620.jpg

Vanmiddag was my groot werk om al die Ouma en Oupa dag foto’s te edit sodat dit geprint kan word.  Vanmiddag het die kinders buite gespeel met die skilpaaie en vanaand het Arne ons gestick om by Toledo’s te gaan eet.  Ja, as ek so terugkyk oor die dag is ek dankbaar ek het nie moeite gemaak om na die Cheetahs se rugby te kyk nie, dit klink my maar dit het rampspoedig verloop!

Nou  ja, van die Karoo tot by ‘n laat koel winderige aand in Bloemfontein.  Ek is volgende week nog op verlof en bied Photoshop aan, merendeels om my voor te berei vir my ACE opknappingseksamen.  Nou ja, dis dan al weer herfs!  Seker my gunsteling tyd van die jaar vir foto’s, en as ek na hierdie week kyk het ek regtig nie slap gelê daarmee nie!  Ons gesels weer.